Philosophiae Naturalis Principia Mathematica

Newton se eie kopie van sy Principia, met handgeskrewe korreksies vir die tweede uitgawe[1]

Philosophiae Naturalis Principia Mathematica is waarskynlik een van die invloedrykste en belangrikste wetenskapboeke van alle tye. Isaac Newton publiseer hierdie boek in drie volumes op 5 Julie 1687, en plaas fisika daarmee op 'n standvastige wiskundige basis. Dit bevat Newton se bewegingswette wat die basis vorm van klassieke meganika, asook sy universele gravitasiewet. Hy lei ook Kepler se wette af vir die beweging van die planete (wat eers empiries verkry is).

  1. "Philosophiæ naturalis principia mathematica (Adv.b.39.1)". Cambridge-universiteit. Besoek op 7 Junie 2022.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy